Houtbaai onluste duur voort

Twee metropolisie lede en ‘n jeugdige is beseer in die voortslepende Houtbaai proteste deur inwoners oor vis kwotas.

Die Departement van Visserye sê die optrede van die betogers is voortydig aangesien die toekenning van kwotas nog in proses is.

‘n Besluit oor hoeveel vis kwotas gesny moet word is ook nog nie geneem nie.

Intussen wil dit voorkom of dit nie die enigste  rede vir die protes is nie.

In die nabye omgewing van Houtbaai, naamlik Kleinmond, Rooiels en Bettysbaai is daar ook proteste wat skynbaar gaan oor grond en behuising. Inwoners het op die sosiale media in ‘n stemboodskap gevra dat mense vir hulle moet bid, want die betogers dreig om blanke huise te begin afbrand. Hulle noem die gebiede ‘n oorlogsone. Inwoners het probeer om taxi’s op paaie te stop, maar insittendes het uitgeborrel en te voet oor die berg gegaan met die dreigement om blanke huise af te brand as hulle dit nie kan kry nie.