Hofinterdik teen Gupta rehabilitasiefonds

Die hooggeregshof in Pretoria het ‘n dringende aansoek toegestaan om die R1,75 miljard rehabilitasiefonds van die Gupta beheerde Optimum en Koornfontein myne te bevries.

OUTA het die aansoek gebring en die aansoek is nie teengestaan nie.  Die volle aansoek sal op 7 Desember aangehoor word.

Die fondse word gehou deur die Baroda Bank wat verlede week ‘n aansoek teengestaan het van die Guptas toe hulle rekeninge ook gesluit is.

Volgens mnr. Ben Theron, OUTA se hoof operasionele bestuurder, het die Guptas klaarblyklik van die fondse gebruik om lenings terug te betaal.

Versoeke van OUTA aan die minister van minerale bronne, Mosebenzi Zwane en die Reserwe Bank om die fondse te verseker, het geen reaksie opgelewer nie.

Die vraag ontstaan nou wie nog verder op die betaalstate van die gebroeders is.

Foto: Ben Theron van OUTA