Gordhan striem KPMG

Pravin Gordhan, die afgedankte minister van finansies, het in ‘n verklaring die bestuur van KPMG SA aangevat en gesê dat hul ‘n groot rol gespeel het in die staatskaping.

Intussen het KPMG Internasionaal aangekondig dat ‘n onafhanklike ondersoek ingestel sal word in die tak alhier en ‘n onafhanklike regspersoon sal die ondersoek lei.

KPMG SA het intussen verskeie kliënte verloor en die regering gaan klaarblyklik alle bande verbreek met die firma.

Reg sal egter slegs geskied as alle betrokke partye, insluitend regeringslui, die Guptas en wie ook al betrokke was in die staatskaping, tot verantwoording geroep word.