Gevaar uit die buitenste ruimte

Die aarde word klaarblyklik bestook deur “klein elektries gelaaide deeltjies” wat afkomstig is uit die buitenste ruimte, en wat veel verder van die aarde is as die bekende Melkweg.

Die ontdekking is deur ruimte wetenskaplikes gemaak met behulp van nuwe tegnologie en kon glo met sekerheid vasstel dat die liggame wat baie klein is, teen die snelheid van lig deur die heelal vlieg.

Die wetenskaplikes beweer dat die klein deeltjies afkomstig is uit die ruimte wat miljarde ligjare van die aarde verwyder is, en wat op die aarde neerkom in mikroskopiese klein deeltjies.

Die wetenskaplikes beweer dat die ontdekking gemaak is nadat sterrekundiges meer te wete kan kom met kragtige toerusting wat nou in gebruik geneem word.

Die wetenskaplikes beweer dat die deeltjies elektries gelaai is wat op die aarde neer reën wat heelwaarskynlik afkomstig is van ’n son of ontploffende ster in die verre ruimte.