Gebakte biltongslaai

Gebakte biltongslaai met aartappels en sondroog tamaties vir ‘n koeler aand of Saterdagmiddagete.

 

Biltongslaai:

Bestanddele:

1 kg aartappels

‘n Groot hand vol sondroog tamaties in olie, gedreineer en in blokkies gesny

150 gr gesnyde biltong

1 pakkie knopies sampioene gehalveer of skyfies gesny

3 eetlepels botter

2 eetlepels meelblom

250 ml melk, by kamertemperatuur

250 ml gerasperde kaas

Broodkrummels

50 gr fyn biltong (biltongpoeier by slaghuisafdeling in botteltjies te koop)

 

Metode:

Kook die aartappels tot amper gaar, dreineer en laat effens afkoel en sny in dik skywe.

Braai die gesnyde sampioene in ‘n eetlepel botter in ‘n groot pan en roer gereeld om.

Maak ‘n witsous van die oorblywende botter, meel en melk en kook tot gaar.

Meng die sampioene met die witsous.

Pak ‘n laag aartappels in ‘n gesmeerde oondskottel.

Gooi die witsous oor die aartappels en roer nou die biltong en sondroog tamaties by.

Sprinkel kaas oor en strooi dan die broodkrummels en fyn biltong oor.

Bak by 180 grade C vir omtrent 30 minute.

 

Geniet hierdie gereg saam met kraakvars broodrolletjies.