Gauteng gesondheid terminaal siek

Die Gauteng Gesondheidsdepartement se 14 ENB rekeninge is gevries en sal eers ontvries word nadat R33,7 miljoen aan eise uitbetaal is weens nalatigheid by 4 kindergeboortes.

Telkomlyne is vroeër geblok en die balju het onlangs beslag gelê op meubels en rekenaartoerusting.

Die Departement ervaar die afgelope paar jaar probleme om met geld te werk, eise teen die departement te betaal en om voldoende dienste te lewer.