Gas kaping op die tafel?

Twee “nuwe Guptas”, soos hulle deur die Sunday Times gedoop is, het op die toneel verskyn en wel in die persone van twee  vorige tronkvoëls, Gayton McKenzie en Kenny Kunene.

Hulle staan op die vooraand om as SEB vennote ‘n multi-miljard rand gasprojek te sluit.

Beide is vertrouelinge van hoofman Jacob Zuma, en het drie weke gelede Rusland besoek om onderhandelings te doen met die Russiese maatskappy, Rosgeo.

Staatsekuriteit minister David Mahlobo en twee senior amptenare van die Sentrale Energie Fonds was saam met die twee in die vliegtuig na Rusland.   Mahlobo se teenwoordigheid was glo om kredietwaardigheid aan die “eks-tronkvoels” te gee as vennote.

Kunene was ook betrokke in e-posse om Cyril Ramaphosa te skets as ‘n seks pervert om sodoende sy kandidatuur as opvolger van Zuma te kelder.

McKenzie het intussen aangedui dat hy die Sunday Times gaan dagvaar omdat hul hom die “nuwe Gupta” noem.

Foto: Kenny Kunene