Front Nasionaal se no.2 bedank

Florian Philippot, die mees senior lid van Marine Le Pen se Front Nasionaal in Frankryk, het bedank as lid van die nasionalistiese party nadat hy en Le Pen verskeie kere in ’n woordewisseling betrokke was.

Tot hede was Philippot beskou as Marine Le Pen se regterhand maar het bedank omdat hy glo nie daarvan hou om geïntimideer te word nie.

Die verskille tussen die twee mees senior leiers het ontstaan oor die koers en rigting wat Front Nasionaal in die toekoms moet volg, en waaroor daar te groot meningsverskil bestaan.

Florian Philippot sê hy moes hoor dat hy die visepresident van Front Nasionaal is, en “dat dit in effek niks is nie”.

“Ek het nie ’n eetlus vir sulke argumente en verskille nie, en daarom bedank ek eerder”, het hy gesê.

Foto – Florian Philippot