Frauke Petry stap uit AfD

Dr. Frauke Petry, alom beminde leiersfiguur in die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland, het haar uittrede uit die party aangekondig, en sekondes later die AfD se vergadering verlaat.

Dr. Petry het in die afgelope naweek se federale verkiesing in Duitsland geskiedenis gemaak toe sy die meeste stemme op haar verenig het in die oostelike deel van Duitsland toe sy meer as 37% van die stemme gekry het teenoor kanselier Merkel se Christen Demokrate wat sowat 36% gekry het.

Frauke Petry het in duidelike terme haar teensin te kenne gegee oor die ultra regses in die AfD en gesê sy sal nie in die federale parlement (Bundestag) saam met lede van die party wees nie.

Petry word beskou as die krag in die AfD wat nie net gesorg het dat die party ongekende groei toon nie, maar het ook met haar ferme en innemend geaardheid die party se aansien versterk.

Politieke ontleders sê die bedanking van dr. Petry uit die party, sal ’n ernstige leemte laat en kan selfs lei tot agteruitgang in ondersteuning.

Petry se uittrede word algemeen as ’n verrassing beleef en die oorblywende leierskorps erken dat die besluit om te bedank, onverwags gekom het en ’n leemte laat.

Foto – Frauke Petry verlaat die vergadering