Franse president se aansien daal skerp

Die meerderheid Franse kiesers is teleurgesteld en uiters ontevrede met die sosialistiese president Emmanuel Macron.

Die president se ongewildheid het ’n nuwe laagtepunt bereik na sy groot oorwinning in die presidentsverkiesing vroeër vanjaar.

Waarnemers wys daarop dat die president se pogings om ander lande te oorreed om meer onwettige immigrante te huisves, en sy doel om groot hervormings ingestel te kry op arbeidsgebied, het klaaglik misluk en bygedra tot die kiesers van sy land se teleurgesteldheid.

Macron het aanvanklik groot steun gehad nadat hy konserwatiewes en sosialiste aangestel het in sy kabinet, maar die optrede het spoedig geblyk ’n algehele mislukking te wees en verskeie ministers het daarna bedank.

Vier maande na sy bewindsaanvaarding het meningsopnames getoon dat byna 60% van die Franse kiesers ontevrede is met sy koers.

Sy verkiesingsbelofte van groot finansiële besparings was ’n flousery, want Macron spandeer meer as sy voorgangers, wat kiesers nou warm om die kraag maak.

Foto – Emmanuel Macron