Franse president onderteken hervorming dekreet

President Emmanuel Macron van Frankryk het sy planne om hervorming teweeg te bring in arbeidswette met die ondertekening van ’n dekreet bekendgemaak terwyl Franse media met TV kameras die proses afgeneem het.

Die ondertekening van die arbeidshervorming se dokument het plaasgevind te midde van massabetogings wat in verskeie stede plaasgevind het uit protes teen die hervorming.

Arbeid deskundiges sê Macron wil ook hervorming toepas in die Europese Unie, maar sal daar teenstand kry van sy grootste bondgenoot, Angela Merkel van Duitsland.

Intussen het die premier van Hongarye besoek gebring aan sy eweknie in Pole om ondermeer ook te beraadslaag oor hoe die Franse president gestuit moet word in sy plan om die EU te hervorm.

President Macron se gewildheid het ’n nuwe laagtepunt bereik, en kenners meen dat sy bewind by die volgende presidentsverkiesing verslaan sal word indien hy voortgaan met die sosialistiese neigings in Frankryk.

Die eensydige optrede van Macron beteken dat daar slegs ’n baie beperkte geleentheid gebied sal word in die parlement om sy arbeidshervorming te debatteer.

Een van die mees omstrede bepalings van die arbeidswette wat verander word, is die mag wat aan werkgewers gegee word om mense makliker aan te stel, en net so maklik af te dank, wat ook die hoofrede is vir die ongelukkigheid by die gewone werkers.

Foto – President Emmanuel Macron