Franse in verset teen hervorming

Vier maande nadat Frankryk sy nuwe president gekies het, is die eerste verset teen sy beleid van arbeidhervorming aangekondig toe ’n landswye staking aangekondig is.

President Emmanuel Macron se sosialistiese arbeid hervormings het nie oral byval gevind nie, en meer as 4 000 werkers het reeds aangedui dat hulle van plan is om te staak uit protes teen die hervormingsplanne.

Waarnemers wys daarop dat dit merkwaardig is dat dit juis die werkers uit die verlinkse geledere van die CGT-Unie is wat gaan staak.

Groeiende weerstand teen president Macron se hervormings het Woensdag reeds begin toe duisende werkers in die strate van Parys hulle ontevredenheid getoon het.

Intussen is verneem dat duisende werkers aan die staking deelgeneem het deur by hulle werkplekke te bly maar geweier het om ’n steek werk te doen.

Die CGT-Unie is die grootste vakbond in Frankryk, en verskeie ander vakbonde het aangedui dat hulle moontlik later sal aansluit by die stakers.

Die linkse vakbond het ook aangekondig dat die stakings in sowat 180 strate van Parys gehou word, maar of dit president Macron gaan afskrik, word betwyfel.