Draai pres. Trump teen Republikeine?

President Donald Trump het ’n ooreenkoms met die Demokratiese Party gesluit oor die beveiliging van jong immigrante in die VSA nadat hy vroeër gesê het die immigrante wat nie oor dokumente beskik nie, gedeporteer sal word.

Nou blyk dit dat die president ry rug op die Republikeine gedraai het deur die Demokrate se eis, dat die jong immigrante se posisie beveilig moet word, met ’n ooreenkoms nagekom sal word.

Kongreslede van die Demokrate het Donderdag gesê hulle het ’n ooreenkoms met die president bereik wat duisende jong immigrante sal vrywaar van moontlike deportasie.

Verlede week het president Trump duisende jong immigrante bekommerd gehad toe hy aangekondig het dat Obama se era afgesluit word en immigrante gedeporteer gaan word.

Sowat 800 000 immigrante word geraak deur die moontlike deportasie, maar met die nuwe ooreenkoms wat aangegaan is met die Demokrate, sal die aantal mense wat gedeporteer moet word, veel minder wees.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het nadat koerantberigte in die VSA verskyn het van ’n ooreenkoms met die Demokrate, dit ten sterkste ontken en gesê geen ooreenkoms kan tot stand kom as streng grensbeheer nie deel van die ooreenkoms word nie.

Kenners wys daarop dat die Demokrate met erge leuens poog om die president te vervreem van die Republikeine, en huiwer klaarblyklik nie om enige valse inligting in die koerante te kry nie.

President Trump het later gesê die program word beëindig weens die ongelukkigheid wat bestaan het by Republikeine en Demokrate, maar kenners is nie oortuig daarvan dat sy partygenote gekant was teen die deportasie nie.

Foto – President Donald Trump