Die Koerde in volle verset

Die Koerdiese leiers het met die slagspreuk “dat hulle nooit weer sal terugkeer na die mislukte vennootskap van die huidige bedeling nie”, die eerste tree gegee om hulle onafhanklikheid referendum te begin.

Die Koerde wil finaal breek met die regering van Iran, Irak en Turkye, om ’n eie staat gevestig te kry in die Iranse grondgebied waar hulle tans ’n streeksregering toegelaat word.

Die referendum wat Maandag gehou is, se uitslag is soos wat verwag kon word, volledig ten gunste van onafhanklikheid, maar of die regerings van die wêreld hulle eise sal aanvaar, word sterk betwyfel.

Intussen het die regerings van al drie lande hulle ontevredenheid uitgespreek oor die beoogde referendum, en dit as ’n onwettige en ongrondwetlike oefening bestempel, wat “kan lei tot groter konflik”.

Die Iranse regering het intussen sy vlugroosters aangepas en alle vlugte na die gebied is opgeskort.

Dit het egter geen afbreuk gedoen aan die entoesiasme waarmee die Koerdiese streekregering in die noorde van Irak voortgegaan het met die referendum nie.

Irak het die referendum veroordeel, maar Turkye en Iran se regerings is bekommerd dat die referendum onrus kan veroorsaak in hulle lande waar duisende Koerdiese inwoners reeds simpatie en ondersteuning gegee het aan die referendum in Irak.