Brand vernietig militêre voertuie

Tydens ‘n voorbrand het ‘n militêre brandbestrydingsvoertuig aan die brand geslaan wat daartoe gely het dat 83 militêre voertuie vernietig is.

Dit het plaasgevind by Wallmansthal weermagbasis buite Pretoria.

Bykans twee jaar gelede het ‘n weghol brand 104 militêre voertuie in Pretoria vernietig naby Sentraal gevangenis.

Waarskuwings dat die wintersgras te lank was en ‘n brand gevaar inhou is, is geïgnoreer en niks is gedoen om die voertuie te beveilig nie.

Die Brandwet is skynbaar oortree deur ‘n oop vuur te maak terwyl daar ‘n verbod is op die aansteek van vure na 30 Junie tot daar weer goeie reën geval het. Grondeienaars moet brandbane en voorbrande doen voor einde Junie.

Skade beloop ongeveer R6,5 miljoen rand.

Swak bestuur en beplanning in militêre basisse regoor die land dra daartoe by dat die SAW tans disfunksioneel blyk te wees.