Bloed vloei in skole

As ‘n provinsiale LUR vir onderwys moet sê dat “te veel bloed vloei in skole”, is dit ‘n aanduiding van hoe sleg dit werklik gaan.

Dit is presies wat Panyaza Lesufi gesê het toe hy ‘n skool aan die Oos-Rand besoek het nadat ‘n onderhoof van ‘n skool doodgeskiet is.

Die vorige week het hy glo ‘n begrafnis bygewoon van ‘n veiligheidswag wat binne ‘n skoolterrein doodgeskiet is, en ‘n week voordien is nog ‘n veiligheidswag by ‘n skool doodgeskiet.

Kinders is getraumatiseerd. Lesufi het die saak met die nasionale minister van basiese onderwys opgeneem.