Bell Pottinger HUB bedank

Die hoofuitvoerende beampte van die Britse skakelmaatskappy Bell Pottinger, James Henderson, het glo bedank na die Britse openbare verhoudings en kommunikasie vereniging verdoemende getuies teen Bell Pottinger bekend gemaak het.

Die bevindinge toon dat Bell Pottinger gepoog het om rasseverdeeldheid in SA te skep.

Intussen het Bell Pottinger aangedui dat hulle teen die beslissing gaan appelleer.