Anti-fooie aktivis weer gearresteer

#FeesMustFall aktivis, Bonginkosi Khanyile, is weer gearresteer in verband met die veldtog nadat hy verlede jaar as een van die leiersfigure ongeveer ses maande in die tronk was.

Hy is verlede week weer in Durban in hegtenis geneem omdat hy skynbaar borgvoorwaardes oortree het.

Hy was die leiersfiguur van die veldtog teen studiegeld, en daardie optrede het tot die afbrand van geboue op verskeie kampusse gelei het miljoene rande se skade agtergelaat.

Die Durbanse landdroshof het hom egter weer vrygelaat

Khanyile is ook verbonde aan die EFF se studente beweging.

Foto: Bonginkosi Khanyile