ANC kongresse gestaak

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het die sweep geklap en alle streeks en provinsiale kongresse van die ANC na 30 September verbied.

Dit word volgens kenners gedoen om voortslepende regsgedinge te stop wat moontlik die Desember nasionale konferensie in die wiele kan ry.

Intussen is daar steeds meer aanduidings dat die Zuma-kamp die konferensie graag uitgestel sal wil sien sodat hy langer in beheer van sake kan bly. Zuma self het al die moontlikheid genoem dat hy ‘n derde termyn as leier van die ANC moet aanbly om die party wat onder hom verdeel is, te verenig.

Foto: Gwede Mantashe