ANC geraamtes kom uit

Met die komende presidentsverkiesing van die ANC in Desember, word elke kandidaat se wel en weë oopgevlek.

Die jongste is Cyril Ramaphosa wat skynbaar buite-egtelike verhoudings gehad het.

In sy erkenning van een van die verhoudings poog hy om ‘n smeerveldtog teen hom af te weer.

Ramaphosa beweer dat staatsinstellings gebruik word in die veldtog teen hom.  Skynbaar is die inligtingsdienste, wat lojaal aan Zuma is, gebruik om op Ramaphosa te spioeneer deur onder andere sy private e-posse te bekom.