Amerika waarsku Noord-Korea

Enige bedreiging wat tot Amerika gerig word deur Noord-Korea sal begroet word met ’n massiewe militêre reaksie, en dit sluit in die moontlike bedreiging van Guam en al sy bondgenote.

Dit is die boodskap wat die Amerikaanse minister van verdediging, James Mattis, die afgelope naweek gerig het tot Noord-Korea.

Die waarskuwing is in lyn met die vroeëre waarskuwing van president Donald Trump, wat gesê het Amerika sal enige aanval van Noord-Korea beantwoord met ’n militêre aanslag soos wat die wêreld nog nooit gesien het nie.

Minister Mattis sê die VSA is in staat om self saam met sy bondgenote, waaronder Japan en Suid-Korea tel, ’n oorweldigende aanslag uit te voer indien dit nodig sou wees.

Hy het beklemtoon dat Amerika nie op soek is na die totale vernietiging van Noord-Korea nie, maar alle moontlike opsies is op die tafel om aggressie teen te staan.

Foto – Minister James Mattis en genl. Joseph Dunford