Album beeld 120 jaar landbou uit

‘n Gedenkalbum word Woensdag op TLU SA se nasionale kongres in Pretoria bekend gestel.

Alhoewel die album die verhaal vertel van TLU SA se 120-jarige bestaan, sal dit ook die verhaal vertel van landbou in Suid-Afrika. TLU is in 1897 gestig, en is die oudste landbou organisasie in die land. Daarom was hy instrumenteel in die daarstelling van ander landboustrukture deur die jare heen.

Die album sal by die kongres beskikbaar wees. Die prys is R150 vir lede van TLU SA en R300 vir nie-lede.