AFD prys Nazi-soldate en kry nuwe steun

Die naweek het ’n senior kandidaat van die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AFD), Alexander Gauland, gesê Duitsland hoef nie langer skuldig te voel oor sy Nazi-verlede nie.

Duitsers kan met reg trots wees op sy verlede, en ook trots wees op die prestasies van die Duitse soldate wat geveg het in die wêreldoorlog.

Alexander Gauland se opmerking is tydens die verkiesingsveldtog van die afgelope naweek gemaak tot groot ontsteltenis van die linkse politici en die koerante in Europa.

Die opmerking het daartoe gelei dat baie Duitse kiesers hulle as nuwelinge by die AFD tuisgemaak het bloot omdat die spreker daarmee die verlore trots van die Duitsers wou herwin.

“Die Franse volk is tereg trots op Napoleon, die Britte op Churchill, en Duitsland het die reg om trots te wees op die prestasies van sy weermag se soldate wat in twee wêreldoorloë geveg het.

Politieke ontleders meen die AFD is besig om die Duitse volkstrots te herstel, en dit word waargeneem deur die toenemende steun vir dié party wat vanjaar die eerste geleentheid kry om aan ’n federale verkiesing deel te neem.

Volgens peilings sal die AFD ook verskeie parlementslede verkies kry om hulle plekke in te neem in die federale parlement van Duitsland.

Foto – Alexander Gauland