AFD nou derde grootste party

In die jongste meningspeiling wat in Duitsland gehou is, het die nasionalistiese “Alternatief vir Duitsland” (AFD) die derde plek ingeneem.

Die verrassende uitslag kom ’n week voor die federale verkiesing plaasvind, en kan verrykende gevolge inhou vir die linkse partye in die land.

Die AFD sal, as jong politieke party, vanjaar die eerste keer deelneem aan ’n federale verkiesing, en sal bo alle verwagtinge ’n sterk verteenwoordiging in die federale regering kry.

Volgens die peiling sal die AFD 11% van die stemme trek, wat beteken hy kwalifiseer om verteenwoordig te word in die nasionale parlement.

Politieke partye moet minstens 10% steun geniet tydens ’n federale verkiesing om verteenwoordig te word in die nasionale parlement.

Die Groenes en die Sosialiste veg steeds hard in ’n poging om die derde plek te beklee, maar volgens die peiling is hulle nog te vêr agter en gaan sukkel om 10% steun te trek.

Merkel se koalisieregering is gerieflik voor volgens die peiling, en sal vir ’n vierde termyn as regering die land se sake bestuur.