Zuma se eks weggejaag

Nkosazana Dlamini-Zuma, wat hoop om by Jacob Zuma oor te neem as president van die ANC en ook die land, het ‘n vernederende ondervinding gehad toe sy ‘n krans wou gaan lê by die plek by Marikana waar die 35 myners in 2012 doodgeskiet is. Sy is nie eens die geleentheid gegee om uit haar voertuig te klim nie.

‘n Groep mans met Amcu T-hemde aan het haar weggejaag en in ‘n verklaring het Amcu se leier, Joseph Mathunjwa, gesê dat die area nie ‘n plek is waar politiek bedryf kan word nie.

Haar hoop om steun te werf vir haar nominasie het dus ‘n duik gevat met hierdie eskapade.