Wêreld Nuusflitse – 1 Augustus

Indië

Groot oorstromings in dele van Indië het tot die dood van minstens 230 mense gelei, en honderde word behandel in hospitale en klinieke vir beserings opgedoen of gered is van verdrinking.

 

Luxemburg

Die Eerste Minister van Luxemburg, Xavier Bettel, het in ’n verklaring gewaarsky dat Brittanje moontlik ’n Brexit “egskeiding rekening” kan verwag van meer as 50 miljard euro.

 

Brittanje

Ernstige verskille onder parlementariërs van die Britse Konserwatiewe Party oor die hantering van Brexit, is besig om die spanningsvlakke te verhoog wat kan lei tot ’n reeks bedankings van lojale lede.

 

Venezuela

Die opposisiepartye in Venezuela het die afgelope naweek se verkiesing geboikot en gesê dit is ’n skyn-verkiesing, maar die land se president roem dat hy ’n klinkende oorwinning behaal het.