Wêreld Nuusflitse – 30 Augustus

Kenia

Kenia se regering het oorlog verklaar teen plastiese sakke en het boetes van tot  33 000 euro goedgekeur in ’n poging om die besoedeling te bekamp aangesien die 45 miljoen inwoners van die land jaarliks sowat 100 miljoen plastieksakke rondgooi.

 

Siberië

Sowat 4 500 melkkoeie uit Nederland en Duitsland is na Siberië gestuur aan suiwelboere in ’n poging om die melkprys in die streek te verlaag.

 

Libanon

Libanon het 130 Islamitiese Staat terroriste vrygelaat in ruil vir die lyke van 8 van sy soldate wat deur die terreurgroep gedood is.