Wêreld Nuusflitse – 25 Augustus

VSA

’n Voormalige CIA-agent wil geld insamel om die sosiale medium Twitter te koop met die doel om president Donald Trump se Twitter rekening te sluit.

 

Brittanje

Die voedselnywerheid in Brittanje is bekommerd dat tekorte kan ontstaan weens te min arbeiders in die sektor nadat Brexit afgesluit is en die ooreenkoms met die Europese Unie nie voorsiening maak vir voldoende arbeiders nie.

 

Duitsland

Terwyl die regering beweer dat Moslems ingeskakel het in die Duitse kultuur, het een uit elke vyf Duitsers gesê hulle wil geen Moslem in hulle woonbuurt hè nie.

 

Sjina

’n Verwoestende tifoon wat Sjina en Hongkong teister, het duisende mense dakloos gelaat en minstens 20 mense se dood veroorsaak. Windsterkte van tot 170 km per uur het duisende bome ontwortel en stormwater het geboue en strate in puin gelaat.