Wêreld Nuusflitse – 23 Augustus

Swede

Die wêreld se oudste onwettige immigrant is ’n vrou in die ouderdom van 106 jaar wat afkomstig is uit Afghanistan, en wat nou deur die regering gedeporteer gaan word ten spyte daarvan dat sy ’n ligte hartaanval gehad het.

 

VSA

’n Amerikaanse oorlogskip wat teen ’n vragskip gebots het, het daartoe gelei dat minstens 10 van die soldate vermis word, en ’n volskaalse soektog het na ’n soektog van 24 uur niks opgelewer nie.

 

Chili

Die hoogste hof in Chili het met ’n uitspraak die weg gebaan dat aborsie in die land toegelaat gaan word nadat linkse aktiviste reeds jare rebelleer teen die verbod, maar politici sê dit sal slegs toelaatbaar wees waar verkragting, of bepaalde siektetoestande teenwoordig is .

 

Nederland

Die Nederlandse stad Utrecht het pas ’n fiets parkeergarage geopen en in gebruik gestel wat met sy vermoë om 12 500 fietse te stoor in sy drie vlak parkeerruimte, die grootste van sy soort ter wêreld.