Wêreld Nuusflitse – 21 Augustus

Switserland

Die owerheid in Switserland het ’n verbod geplaas op die registrasie van nuwe Porsche Cayenne motors wat toegerus is met ’n dieselenjin weens die diesel skandaal van Volkswagen, waarby die sportmotor ook betrokke is.

 

Nederland

In die Nederlandse hoofstad, Amsterdam, word die koste om in ’n straat te parkeer nou bykans onbetaalbaar met die tarief van sowat R80,00 per uur.

 

Brittanje

Die Britse eerste minister is ontevrede omdat die hartklop van Londen, die bekende Big Ben, vir vier jaar stil sal wees om noodsaaklike onderhoud daaraan te doen, maar sy het ’n ondersoek gelas om vas te stel waarom die herstelwerk vier jaar gaan duur.