Wêreld Nuusflitse – 18 Augustus

België

Politieke spanning is aan die oplaai in die Franssprekende politieke bedeling van België, en die minister van finansies,  André Flahaut, het uitgevaar teen diegene wat nie bereid is om saam met die regerende party te werk nie.

 

Suid-Korea

Daar is nie sprake van oorlog met Noord-Korea nie, aangesien die Amerikaanse president onderneem het om nie met ’n oorlog te begin sonder die instemming van Suid-Korea nie, sê die president van Suid-Korea, maar minister James Mattis van die VSA het gewaarsku dat een missiel na sy grondgebied afgevuur, die oorlog begin.

 

VSA

Nadat vier van die Amerikaanse president se adviseurs bedank het uit sy Bedryfsraad weens die optrede van president Trump, het hy besluit om die raad te ontbind, maar dit is nie duidelik of ’n nuwe span aangestel word nie.