Wêreld Nuusflitse – 16 Augustus

Duitsland

Duitsers is ontevrede oor die volksvreemde restaurante in die land waar nie ’n woord Duits gespreek word nie, en die spyskaart nie tradisionele kossoorte bied nie.

 

Siërra-Leone

Meer as 300 mense het omgekom in Siërra-Leone toe hulle in ’n modderstorting toegeval het, en honderde het ernstige beserings opgedoen.

 

Hongarye

Die konserwatiewe regering van Hongarye oorweeg die moontlikheid om militêre opleiding te bied aan skole sodat hulle gereed is met die basiese vereistes wanneer hulle later militêre diens moet verrig.

 

Suid-Asië

Swaar reën neerslae in Suid-Asië het tot groot vloedskade gelei en die dood van meer as 200 mense is aangekondig, maar reddingswerkers meen die dodetal sal nog verder styg.

 

VSA

Minstens drie adviseurs van president Trump het bedank weens die president se aanvanklike traagheid om kritiek uit te spreek oor die regse optoggangers wat chaos veroorsaak het in die universiteitstad Charlottesville toe die owerheid ’n standbeeld verwyder het omdat swart studente dit geëis het.