Wepener se stadsaal ook vernietig

Kort op die hakke van die historiese Bloemfonteinse stadsaal se vernietiging deur ‘n brand, het dieselfde lot die stadsaal van Wepener, ook in die Vrystaat, getref.

Hierdie keer was daar egter geen vakbondvergadering in die stadsaal soos die geval in Bloemfontein was nie, maar ‘n kortsluiting word aangegee as moontlike oorsaak vir die brand in Wepener.  Dit beteken egter dat die stadsraad versuim het om onderhoud te doen sodat ‘n kortsluiting nie kan ontstaan of lei tot ‘n brand nie.

Die gebou van die mooi stadsaal is erg beskadig deur die brand, terwyl alles binne die saal verskroei is.

In 2010 was daar ook ‘n brand in die saal, en sedertdien is die saal nie meer gebruik nie. Die gedeelte wat nou gebrand het, is die deel wat die 2010 brand vrygespring het.

Die stadsaal van Wepener is in 1927 gebou.