Wat nie gesê word van Trump

Gedurende die afgelope maande het die linkse media saamgespan om president Donald Trump voor te hou as ’n klaaglike mislukking, maar daar bestaan goeie rede waarom sy ondersteuners onwrikbaar by hom staan.

Een van die belangrikste mylpale wat die Trump-administrasie bereik het, binne die eerste ses maande van bewind, is die daling in Amerika se skuldlas met $103 miljard, wat deur geen ander president bereik is nie.

Sedert Trump se bewind het die Amerikaanse aandelebeurs die hoogte ingeskiet met miljarde dollar se voordeel aan duisende Amerikaners.

Die DOW se daaglikse sluitingsprys het ’n gemiddeld van 18% gestyg sedert die begin van die Trump bewind.

Slegs twee maande na Donald Trump die president geword het, het hy daarin geslaag om die rekord wat president Reagan opgestel het, geëwenaar deur die hoogste handelsyfers te toon.

Die Trump administrasie het volgens die Departement van Veterane Aangeleenthede 526 persone afgedank en meer as 200 geskors weens onbevredigende werk.

Trump se vermindering van die skuldlas met $103 miljard staan in skrille kontras met Barack Obama wat in die eerste ses maande van sy bewind gesit het met ’n skuldlas van $974 miljard, wat beteken die verskil is meer as $1 triljoen.

Die Departement van Arbeid (en Statistieke) berig dat meer as een miljoen nuwe werksgeleenthede geskep is binne die eerste ses maande van die Trump regering terwyl Barack Obama se administrasie 3,826 miljoen werkgeleenthede verloor het.

Werkloosheid het gedaal tot 4% terwyl die werkloosheid onder Obama tot meer as 9% gestyg het.

Volgens die Buro van Statistieke het die inflasiekoers drasties gedaal en na ses maande op 1,6% te staan gekom.

Die Amerikaanse vervaardigers indeks het sy beste vertoning gelewer sedert 1983 toe Ronald Reagan president was.

Toelating van onwettige immigrante het met 70% afgeneem, en die Navo rekening het met $10 miljard gedaal

ObamaCare is afgeskaf en groter sukses is bereik met die vernietiging van terroriste bewegings terwyl Amerika ook aan die wêreld toon dat hy nie huiwer om op te tree nie, en het sanksies teen Rusland verskerp, en Noord-Korea se dreigemente stil gemaak.

Intussen word die grensmuur opgerig tussen Amerika en Meksiko soos wat belowe is.

Dit is die eerste Amerikaanse president wat sy totale vergoeding teruggee aan die mense sonder om self ’n sent daarvan vir homself te hou.

Die Eerste Dame, Melanie Trump, het vyf mense in diens terwyl Barack Obama se vrou nie minder nie as 24 betaalde werkers gehad het.

Foto – Amerikaanse Wit Huis