VSA vervang Vloot bevelvoerder

Die VSA vloot het sy Sewende Vloot Bevelvoerder, Viseadmiraal Joseph Aucoin, vervang nadat ’n hele aantal foute onder sy bevel plaasgevind het.

Die jongste voorval, waartydens sy vaartuig in ’n botsing betrokke was, en daardeur verskeie seemanne vermis geraak het in die omgewing van Singapoer, was blykbaar die laaste strooi.

Die bevelvoerder is Woensdag uit sy amp verwyder kort nadat sy oorlogskip, die USS John S McCain met ’n vragskip gebots het.

Volgens mediaberigte is dit die vierde voorval waarby die bevelvoerder betrokke was met die skepe wat onder sy bevel was.

Die Amerikaanse vloot en weermag het ’n tradisie om bevelvoerders te verwyder uit hulle pos wanner die volle vertroue geskaad word, en ’n woordvoerder het gesê die verandering in die gesagvoerder se amp was nodig en moes sonder huiwering gedoen word.

Phillip Sawyer, die adjunkbevelvoerder van die Stille Oseaan Vloot word die nuwe skeepsbevelvoerder.

Foto – USS John S McCain vaartuig