VSA onderhandel met Balkan lande

Die Amerikaanse Visepresident, Mike Pence, het besoek gebring aan verskeie Balkan state waartydens veiligheid teen Russiese aggressie bespreek is.

Die Visepresident het ernstig samesprekings gevoer met die Eerste Minister van Estonia, Juri Rates oor verskeie onderwerpe waarvan die Balkanstate se veiligheid hoog op die sakelys was.

Die Amerikaanse Weermag gee nou oorweging aan die moontlikheid om die VSA se Patriot grond tot lug afweerstelsel in Estonia te ontplooi.

Die Patriot afweerstelsel is ontwerp om inkomende missiele en vyandelike vegvliegtuie af te skiet.

Mike Pence was op ’n vierdae besoek aan die streek en het ook Georgië en Montenegro besoek nadat hy die leiers van Estonia, Litaue, en Litvia toegespreek het oor hul betrokkenheid in Navo ter beveiliging van die streek.

Visepresident Pence het later aan die media gesê die slagspreuk “Amerika eerste” beteken nie Amerika alleen nie, en sal sy bondgenote te alle tye bystaan.

Foto – Mike Pence en premier Juri Rates