VSA moet eerste stap neem tot vrede

Die Russiese minister van buitelandse sake, Sergej Lavrov, het Rusland se onrustigheid oor die krisis met Noord-Korea laat deurskemer toe hy in die afgelope naweek gesê het Washington moet eerste ’n terugwaartse tree gee,

Volgens Lavrov is dit Washington se verantwoordelikheid om eerste een tree terug te tree met die oog op ontlonting van die spanning tussen die VSA en Noord-Korea.

Lavrov het ’n beroep gedoen op Washington en Noord-Korea om die Russiese en Sjinese plan te onderskryf wat sal meebring dat Noord-Korea sy program sal stop.

Hy reken die VSA moet sy grootskaalse militêre oefening saam met Suid-Korea staak terwyl die Noord-Koreaanse regime die toetsprogram moet beëindig.

President Trump het geen kommentaar gelewer op die versoek van Rusland nie, en die kommunistiese leier, Kim Jong-Un het gesê sy kernwapen program kom nie op die onderhandelingstafel nie.

Minister Lavrov meen die “sterkste en verstandigste party is die VSA, wat die eerste tree terugwaarts moet gee.

Benewens Rusland en Sjina wat elk ’n vermanende woord gespreek het tot kalmte en “verstandige” optrede, het Bondskanselier Angela Merkel ook haar kommer oor die situasie uitgespreek en gesê ’n militêre opsie is nie die oplossing nie.

Foto – Minister Sergej Lavrov