VSA en EU waarsku Venezuela

Kort nadat twee sleutel figure van die opposisieparty gearresteer is in Venezuela het die president van Amerika, Donald Trump, gesê hy hou president Maduro persoonlik verantwoordelik vir die vergrype.

Die president van Venezuela het vroeër gesê die onrus in sy land word vooor die deur van die opposisiepartye en Amerika gelê.

Die intelligensiediens van Venezuela het twee leiers van die opposisie in hegtenis geneem kort voor die aanvang van die kontroversionele verkiesing wat deur die opposisie geboikot is.

President Nicolas Maduro het die opposisie se leier, Leopoldo Lopez sowel as die hoofstad se burgemeester, Antonio Ledezma, laat gevange neem weens hulle skerp kritiek teen die diktatoriale mag van die president.

Die Europese Unie het intussen by die Amerikaanse president aangesluit en geies dat die twee opposisie leiers onmiddellik vrygelaat word.

Die hooggeregshof ht die twee leiers terug gestuur na die tronk en bevind dat hulle uitsprake gemaak het wat nie versoenbaar is met hulle voorwaardes terwyl hulle onder huis ares is nie.

Die optrede van die regering het duisende kiesers woedend laat reageer, en waarnemers meen die president het nou die mag bekom om ’n algehele diktatorskap te vestig.

Foto – President Nicolas Naduro