VSA dreig Venezuela met militêre optrede

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vroeër die president van Venezuela daarvan beskuldig dat hy ’n diktator is, maar nou het hy die land gewaarsku dat militêre optrede nie uitgesluit is nie.

President Trump het sy eweknie, Nicolas Maduro, op Twitter gewaarsku dat Amerika die “militêre opsie” teen Venezuela oophou.

Die onverwagse dreigement kom te midde van die politieke krisis wat tans in Venezuela heers nadat die land se president nuwe magte aan homself toe-eien en daarmee die weg baan vir ’n volledige diktatorskap.

Kenners vermoed dat die kommunistiese regering van Kuba die aanhitser is om Maduro uiteindelik oor te haal as kamerade van Kuba.

“Ons het veel opsies vir Venezuela, waarvan die militêre opsie een is”, het die president gesê, en waarop Maduro se woordvoerder gereageer het met die opmerking dat die dreigement “steurend” is.

Trump het die dreigement geuiter in die teenwoordigheid van die VSA se permanente verteenwoordiger in die Verenigde Nasies, Nikki Haley en die minister van buitelandse sake, Rex Tillerson.

Intussen het verskeie lande hulle afkeer te kenne gegee oor Trump se dreigende houding, wat minister Tillerson genoodsaak het om daarop te wys dat die president se eerste opsie is om in gesprek met Venezuela te tree om sodoende die demokratiese bestel te red.

Die Amerikaanse kiesers raak bekommerd oor die president se houding teenoor Noord-Korea en nou ook soortgelyke aggressie openbaar teenoor Venezuela.