VSA diplomate moet Rusland verlaat

In antwoord op Amerika se verskerpte ’n uitgebreide sanksies teen Rusland, het die Russiese president beveel dat 755 Amerikaanse diplomate voor 1 September sy land moet verlaat.

Die Amerikaanse Kongres het die uitgebreide sanksies teen Rusland goedgekeur weens die land se beweerde betrokkenheid by die konflik in die oostelike deel van die Oekraïne, wat nou deur pro-Russiese rebelle as ’n onafhanklike staat verklaar is.

Die VSA het vroeër beslis dat ’n aantal Russiese diplomate Amerika moet verlaat, en dat die totale aantal Russiese diplomate beperk word tot 455, maar wat woede ontketen het by president Vladimir Poetin.

 Politieke waarnemers meen die vermindering in diplomate het die verhouding tussen die twee wêreldmoondhede verder vertroebel en gaan baie moeilik genormaliseer kan word.

President Poetin het tydens die aankondiging gesê daar is meer as ’n duisend Amerikaanse burgers wat in sy land diplomatieke diens verrig, waarvan 755 die land moet verlaat.

Foto – Vladimir Poetin