VSA Demokraat stap oor na Republikeine

Die Demokratiese Party in Amerika se goewerneur van Wes-Virginië, Jim Justice, het tydens ’n Trump-byeenkoms in Huntington aangekondig dat hy nie langer sy steun aan die liberale party kan bied nie.

Die aankondiging kom nadat president Donald Trump ’n paar uur tevore gesê het die kiesers kan ’n belangrike aankondiging verwag tydens die byeenkoms.

Justice was voor sy verkiesing as goewerneur, lid van die Republikeine, en het nou weer teruggekeer na die regerende party van president Trump.

Jim Justice is ’n steenkool magnaat en ou vriend van president Trump, wat waarskynlik die grootste rede is waarom hy die Demokrate verlaat het.

Tydens die presidentsverkiesing se veldtog het hy ’n groot bedrag geld aan die Republikeine geskenk wat die vermoede versterk het dat hy sal terug stap na die Republikeine indien Trump die verkiesing wen.

Justice was kwalik meer as twee jaar lank verbonde aan die Demokratiese party en is sedert November 2016 die goewerneur van Wes-Virginië.

Met sy aansluiting by die Republikeine die afgelope naweek, het hy dié party se meerderheid in die Senaat verder versterk.

Waarnemers meen die moontlikheid dat Obamacare weer tot stemming gebring en finaal afgegooi gaan word, nou ’n sterk moontlikheid geword het

Foto – Goewerneur Jim Justice