Voorspoed in land van melk en heuning

Atul Gupta het in ‘n onderhoud op ’n Britse radio stasie gesê dat alles wel is in die land van die ANC en Guptas.. 

Volgens hom is al die e-posse wat gelek is vals, en dat die Britse firma Bell Pottinger ‘n “geloofwaardige” maatskappy is.  

Die HUB van Bell Pottinger, James Henderson, het op dieselfde program gesê dat hul bedoelings met die Gupta familie en hul optrede goed bedoel was.

Waarnemers meen dit is vreemd dat Henderson die rekening bestuurder van die Guptas onlangs afgedank het en verskoning gemaak het vir hul optrede.

Oor die afgelope paar jaar het die Gupta familie ’n beduidende invloed uitgeoefen in verskeie sektore van die Suid-Afrikaanse samelewing en het klaarblyklik nie altyd volgens die wet gehandel nie, wat hulle in uiters omstrede situasies laat kom het.

Foto – Atul Gupta