Vlaamse volk herdenk geskiedkundige dag

Duisende Vlaamse nasionaliste het vanjaar die 16de herdenkings geleentheid bygewoon van die IJzerwake feesgeleentheid by die monument van die Raemsdonck broers.

Die Vlaamse strewe na onafhanklikheid in ’n eie staat word vandag deur ’n Vlaamse beweging voortgesit wat deur die Frontbeweging as voorloper begin is net na die Eerste Wêreldoorlog.

Die Vlaamse volk se strewe om as eie entiteit behoue te bly en die beskawing se voortgang te beskerm en die Europese identiteit te bewaar, word aktief nagejaag deur die nasionaliste in Vlaandere.

Met die herdenkingsgeleentheid word hulde gebring aan die duisende Vlaamse soldate wat by Westhoek geveg het en daar gesneuwel het.

Toespraak is gemaak deur die volksman Jan van Malderen en het die duisende hoorders daarop gewys dat België ’n mislukte staatsbestel is en dat die Vlaamse volk moet streef na onafhanklikheid waarop hy luid toegejuig is.

Bloemlesings, voordragte en toesprake is gehou wat die skare geboei en geïnspireer het om moedig voort te gaan in die strewe na vryheid van die Vlaamse volk.

‘n Nuwigheid by vanjaar se IJzerwake, wat jaarliks deur duisende Vlaminge bygewoon word, is die IJzerfolk. Dit is ‘ nasionalistiese musiekfees waar volkseie musiekgroepe optree. Dit was uiters suksesvol.