Vinnige visgereg

Wat eet ons vanaand? Maak sommer gou hierdie volgende visgereg. Genoeg vir 4 porsies.

 

Visgereg met tortilla skyfie bolaag:

Bestanddele:

4 ferm witvismootjies (gebruik bv. koningklipvis hiervoor)

110 gr. Tortilla skyfies (suurrom-en-grasuiegeur)

45 ml suurroom

3 ingelegde Jalapeno rissies, gekap

15 ml gekapte grasuie

 

Metode:

Verhit oond tot 180ºC.

Voer ‘n bakplaat uit met bakpapier of foelie (dit vergemaklik die skoonmaak van die pan)

Sny elke porsie vis ‘n twee ewe groot stukke en pak teenmekaar in die pan.

Maak die tortilla skyfies effens fyn tot growwe krummels.

Smeer ‘n lagie suurroom oor elke stukkie vis en ruk die krummels daarop vas.

Bak vir sowat 15 – 20 minute tot gaar.

Sprinkel die Jalapeno rissies oor en sit voor met ‘n heerlike slaai en vars suurlemmoenwiggies.

 

Geniet die ete