Vier mans gevang met vals dokumente

Die SA Polisie en Johannesburg Metro Polisie het vier mans in Brackendowns gearresteer by ‘n huis wat dokumente vervals.

Vals tjeks, identiteitsdokumente, bestuurderslisensies en salarisstrokies is onder die vervalste dokumente wat gevind is in die huis.

Verskeie apparate is gekonfiskeer wat gebruik word om dokumente te vervals.