Verkeersowerhede bekommerd oor dronk taxibestuurders

Die Kaapstadse uitvoerende komiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, het sy kommer uitgespreek oor die toename in taxibestuurders wat bestuur terwyl hul onder die invloed van alkohol is.

Ses van hulle is die afgelope naweek gearresteer tydens ‘n verkeersblits waarin 112 persone gearresteer is.

Dit is egter nie net alkohol wat ongelukke veroorsaak nie. Onpadwaardige voertuie, oorlaaide bussies en bloot roekelose bestuur, is dikwels die oorsaak van ongelukke waarin die taxi’s betrokke is.