Venezuela verkiesing gelaai met bedrog

Die prokureur-generaal van Venezuela het die pas afgelope verkiesing afgemaak as ’n gemanipuleerde uitslag wat gepaard gaan met beweerde bedrog.

Die gesaghebbende sê die aantal stemme wat uitgebring is, is gewysig met ’n totaal van minstens een miljoen.

Luisa Ortega, Venezuela se prokureur-generaal is daarvoor bekend dat sy ’n skerp kritikus is van die omstrede diktator, president Nicolas Maduro.

Sy sê die uitslag van Sondag se kontroversiële verkiesing is beslis gemanipuleer deur die regering om die president te bevoordeel.

Ortega het twee onafhanklike persone aangewys om die vier direkteure van die Nasionale Verkiesings Raad te ondersoek oor die skandalige optrede.

Die Britse maatskappy Smartmatic, wat die tegnologiese stemming se toerusting verskaf het, sê die uitslag kom nie ooreen met die aantal stemme wat uitgebring is nie.

Die Nasionale Verkiesings Raad het bekend gemaak dat sowat 8 miljoen mense gestem het, maar behalwe dat die opposisie party die syfer betwis, het die maatskappy Smartmatic ook gesê dit is nie korrek nie.

Opposisie leiers het daarop gewys dat hulle elke stemlokaal gemoniteer het, en nêrens was daar soos gewoonlik, lang toue mense wat wag om te stem nie.

Die leiers van die opposisieparty wat in hegtenis geneem is, verkeer steeds in aanhouding te midde van die Amerikaanse president se eis dat hulle onverwyld vrygelaat moet word.

Die vermoede bestaan dat korrupsie en omkopery aan die orde was wat meebring dat opposisielede se woede en argwaan kan losbars tot ’n burgeroorlog waarby niemand gaan baat nie.