Uitlanders is messtekers

’n Tendens wat in Suid-Afrika bekend is, word nou ook in Europa bekend, en Brittanje ondervind dieselfde probleem.

In Brittanje kon polisiebeamptes daarin slaag om ’n uitlander, wat blykbaar ’n onwettige immigrant is, in hegtenis te neem wat beplan het om mense met ’n mes aan te val.

Die voorval het naby die Buckingham Paleis plaasgevind maar is betyds verhinder alhoewel die jong uitlander daarin kon slaag om die twee polisiebeamptes ligte wonde toe te dien.

In Brussel het ’n soortgelyke voorval plaasgevind toe ’n uitlander ’n klomp mense wou aanval met sy mes, maar soldate het nie gehuiwer nie, en die man op die plek doodgeskiet.

In Finland het ’n onwettige immigrant twee mense gedood met sy mes, en verskeie ander ernstig gewond voordat die polisie hom kon doodskiet.

Deskundiges in Suid-Afrika sê die groot aantal mense uit Afrika wat na Europa uitwyk op soek na ’n beter lewe, is later teleurgesteld omdat daar nie aan hulle verwagtinge voldoen word nie, en dan kom die neiging om te moor en te steel weer na vore, en Europa en Brittanje kan meer sulke voorvalle verwag.

Dit is slegs enkele gevalle wat afgespeel het in die afgelope paar dae, en die moontlikheid dat dit toenemend ondervind gaan word, is nie uitgesluit nie, aldus die deskundiges.

’n Woordvoerder van die Britse veiligheidsmagte het in ’n privaat gesprek gesê die onwettige immigrante wemel van messtekers.