Twintig gevangenes ontsnap

Twintig verhoorafwagtende gevangenes het uit polisie aanhouding ontsnap terwyl hul vervoer is na die Johannesburgse “Sun City” tronk.

Ondersoek word gedoen oor hoe die ontsnapping plaasgevind het, die mans is onder andere reeds gevonnis vir gewapende roof, huisbraak en diefstal en besit van dwelms.

Skynbaar is hulle bevry deur gewapende mans wat die deur van die vragmotor oopgebreek het.

Die ontsnaptes se foto’s word gesirkuleer en die publiek is gewaarsku dat die mans gevaarlik is.

Daar word nou ook antwoorde geëis van die minister van polisie.