Tug Zuma, eis Lindiwe

Nog ‘n ANC grootkop het openlik gevra dat tugstappe teen Jacob Zuma gedoen word oor beweerde wandande.

Wat hierdie eis soveel interessanter maak, is dat dit kom van Lindiwe Sisulu, wat ook haar oog op die presidentskap van die ANC en die land het. Sy is boonop tans ‘n minister in Zuma se kabinet, en die vraag ontstaan hoe lank sy daar sal bly voor Zuma haar gaan uitskommel.

Waar die ANC met ‘n heksejag besig is teen kritici van Zuma, kan verwag word dat Sisulu eerder gedissiplineer gaan word as Zuma, in ‘n poging om haar te diskrediteer as kandidaat vir die presidentskap sodat sy minder van ‘n bedreiging vir Zuma se eks-vrou sal wees.

Sisulu sê dat ministers wat betrek word by wandade, ook gedissiplineer moet word.